Update Video
RIVERSDAL NUUS - Vir die eerste keer moes vroueskuts in die 10 m-staandissipline 60 skote skiet, in plaas van die voorgeskrewe 40 gedurende 'n 90 minute aflos.
DIt is omdat die reëls rondom vroueskuts verander het. Fiona Rall is een van die vroue en het gesê dat 20 meer skote 'n groot verskil maak.
"Jy moet skielik langer konsentreer as wat jy gewoond is.
"Jou spiere moet ook gewoond raak daaraan om 'n langer sessie uit te hou."
'n Luggeweer-skyfskietkompetisie is deur South African Air Rifle Federation (SAARA) Eden aangebied wat 'n distrik van SAARA Wes-Kaap is.
Die kompetisie het in die Cot de Necker-saal Saterdag 10 Februarie plaasgevind.
Luan Serfontein het 'n Wes-Kaap provinsiale kwalifiserende telling in die 10 m-dissipline geskiet.
Hy is 'n laerskoolleerder terwyl die ander skuts hoërskoolleerders is.
Twee debutante, Bernita Struwig en Jason Minnie het die eerste keer aan 'n kompetisie deelgeneem vandat hulle die jaar aan die sport begin deelneem het.
Die presisieklas is 'n olimpiese dissipline, skuts kan ook Protea-kleure in die klas verwerf.
Die sporterklas is die voorbereidings dissipline vir presisie en skuts kan in die sporterklas SA federasie kleure verwerf en aan uitnodigingstoere na Europa en Amerika deelneem.
Skuts wat op provinsiale vlak kleure verwerf het, kwalifiseer dan om op presisievlak deel te neem indien hulle so verkies.
Die 3P-dissipline is geskoei op die Bisley-dissipline waar skuts in 'n lê-, staan- en knielposisie skiet wat elk uit 20 skote bestaan.
Die moeilikheidsgraad van luggeweer skyfskiet is gelykstaande aan 600 m bisley. Die teiken is op 10 m en op 600m ewe groot.
Elke dissipline tel 600 punte.
Kyk 'n video hieronder:
Uitslae is as volg:
Sporter 3
- 1ste Luan Serfontein (o.14,460 punte), 2de Jason Minnie (o.14, 320 punte).
- 1ste Cyrilene Coetzee (o.16, 404 punte), 2de Milla Steyn (o.16, 372 punte)
- 1ste Anouska Fouché (o.20, 444 punte), 2de Bernita Struwig (o.20, 422 punte)
Sporter 10m
- 1ste Luan Serfontein (o.14, 446 punte), Jason Minnie (o.14, 218 punte)
- 1ste Johanne van der Vyver (o.16, 443 punte)
- 2de Cyrilene Coetzee (o.16, 377 punte)
- 3de Milla Steyn (o.16, 329 punte)
- 1ste Anouska Fouché (o.20, 416 punte)
- 2de Bernita Struwig (o.20, 376 punte)
Presisie 10m
- 1ste Fiona Rall (F-klas, 521 punte
Lees 'n vorige artikel: Plaaslike skuts korrel akkuraat
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: SAN-MARIÉ CRONJÉ, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'