HEIDELBERG NUUSFLITS - Die gewag om ‘n volwaardige skoolsaal te benut, het eindelik ‘n werklikheid geword vir die leerders en personeel van Kairos Senior Sekondêre skool.
Die prinsipaal, Vivian Prins het Maandag 4 November die sleutels van die kontrakteurs in ontvangs geneem.
Die bouwerk wat sowat drie weke voor skedule voltooi is, het vier maande geduur.
Prins het tydens die kort oorhandigingsseremonie die rolspelers bedank vir hul bydrae om dié droom te laat realiseer.
Hy het gesê dat hulle beplan om die amptelike inhuldiging van die saal vroeg volgende jaar sal hou.
Volgens Prins benodig die skool nog R175 000 van die oorspronklike R300 000 wat hulle moes bydra van die ongeveer R6 miljoen onkostes.
Belangstellendes kan die skool by 028 722 2920 of Prins by 084 245 9995 skakel, of epos aan kairossec@gmail.com of vivianrprins@gmail.com.
Irvin Human oorhandig die sleutels aan die prinsipaal, Vivian Prins.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'