Update
HESSEQUA NUUS - Dit het aan die lig gekom dat een van die oorledenes in vanoggend (9 Augustus) se tromp-op botsing op die N2/Stilbaai-afdraai, ‘n baie bekende in Hessequa-streek, maar veral Albertinia en skoolkringe was.
Jacobus Tarantal was die skoolhoof van Oker Primêr in Albertinia.
Namens Suid-Kaap Forum wens ons sy familie, naasbestaandes en vriende sterkte toe vir die moeilike tyd vorentoe. Ons innige simpatie met die groot verlies.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'