RIVERSDAL NUUS - Mnr. André Latsky, hoof van Hoër Landbouskool Oakdale, sê die algehele inperking was ’n groot verrassing en ’n absolute uitdaging wat hulle uit hul gemaksone geruk het.
Hy en sy personeel het onmiddellik begin voorberei om die leerders se skoolwerk aanlyn voort te sit, maar hy is veral bekommerd oor die matrieks wat so baie skooltyd en geleenthede om aan skoolaktiwiteite deel te neem, verloor.
“Aanlyn-klasse sal nooit die plek van ’n klaskamer en persoonlike bemoeienis van ’n opvoeder kan inneem nie.”
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'