ALBERTINIA NUUS - Ashley Roets van Albertinia het besluit om vanjaar 'n skoenboksprojek op die been te bring vir plaaslike kinders wat in pleegsorg is.
Sy en 'n groep maatskaplike werkers het op Maandag 12 Desember die geskenkpakke wat ingesamel is aan kindersorgkinders te oorhandig.
Die skoenbokse is met skoonheidsprodukte en higiëniese middels soos tandepaste en wasseep, asook skryfbehoeftes gevul om by elke kind se ouderdom en behoeftes te pas.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'