HEIDELBERG NUUS - Sewe mense het vanoggend (Maandag 3 Maart) in 'n trompop botsing op die N2 net buite Heidelberg gesterf.
Die ongeluk het net vóór 04:00 vanoggend glo in digte mis gebeur.
Vyf vrouens en twee mans is op die toneel, sowat 10 km buite Heidelberg in die rigting van Riversdal dood verklaar. Twee persone van elke motor het die ongeluk oorleef.
Twee passasiersmotors - 'n Havaal en 'n Mazda - was betrokke.
Dis nog onbekend wat die presiese oorsaak van die tragiese ongeluk was.
Meer inligting volg sodra dit beskikbaar gestel word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’