HEIDELBERG NUUS - Die gesegde lui mos "oud maar nog nie koud nie." Dié gesegde het nou 'n groep senior burgers van die Heidel Senior Burgerklub aangespoor om andere te help.
Onlangs het die klompie seniors saamgespan om die Tiny Treasures-kleuterskool in Vermaaklikheid te verras met 20 stoelsakkies, inkleurboeke asook kryte en potlode en dit aan die skool se prinsipaal, Shania Galant, oorhandig.
Daar was sommer groot vreugde, want dit gebeur nie aldag dat 'n kleuterskool op só 'n klein dorpie met broodnodige geskenke bederf word nie. Die kleuters is nou omtrent in die sewende hemel.
Die senior burgers by die blye geleentheid was van links: Eldrid Lee, Peter Albrecht, Linda Hoogbaard, Liza Joubert, Marlene Schieterkat, Evelyn Jascobs, Magdeleen Albrecht, Shania Galant (prinsipaal), Merle Paige, Lenechia Domingo (opvoeder), Wilhelmina Pieterse, Aletta Manho (voorsitter) en Wendy Williams. Foto: Clive Pretorius
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’