STILBAAI NUUS - Die jaarlikse Groot Visete is 'n instelling wat oor die tyd uiters gewild geword het.
Die Stilbaai-sakekamer, in samewerking met Jagersbosch-gemeenskapsorg bied die ete vanjaar op 2 November in die plaaslike gemeenskapsaal aan. Verskeie seekosdisse waaraan gesmul kan word is op die spyskaart en die opbrengste gaan aan Jagersbosch.
Heelwat lekker pryse kan gewen word, wat bydra tot die aand se gesellige atmosfeer waar almal kan kuier en dans tot laat. Stilbaai se eie boereorkes, tesame met Prima Audio maak die musiek vir die aand.
Die Groot Visete begin om 18:00 en die kostes van die kaartjies beloop R120 per persoon. Gaste moet hul eie drankies, glase en ys bring.
Kaartjieverkope en tafelbesprekings kan by Jagersbosch-gemeenskapsorgsentrum gedoen word of skakel 028 754 1934.
Kontak Louise Christie vir meer inligting by 083 973 5772.
Die Groot Visete
Please remember the
2nd of November
Bring your friends poor or grand
And take your granny by the hand
For it is the night
Of the Groot Vis Eet
Starters , mains and something sweet
All for R120
And that's not plenty
Book your table of eight
At Jagersbosch before it's too late
Its for a good cause
And there are lucky draws
Your ticket
Could be your good wicket
We know we will see you there
Funds in aid of Jagersbosch Community care
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'