MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die plaaslike rugbyklub het besluit om in 2020 'n oop hand vir mense in nood te hê.
Seagulls se eerste projek in 'n reeks van beoogde uitreike vir die jaar het op Maandagoggend 27 Januarie by Melkhoutfontein Primêre skool plaasgevind.
Items soos basiese skryfbehoeftes, skooltruie en -skoene is aan 51 behoeftige leerders oorhandig.
Klubvoorsitter Grant Riddles bedank alle borge, asook almal wat tyd afgestaan het om die oorhandiging by te woon.
Leerders met die pakkies wat hulle van die Seagulls ontvang het. Foto: Heinrich Fortuin, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'