STILBAAI NUUS - Alle paaie lei Saterdag na die Melkhoutfontein sportgronde, want Seagulls speel in hulle tweede vriendskaplike wedstryd van die seisoen.
Blue Birds van Bonnievale, daar in die Boland, kom Melkhoutfontein toe met drie spanne en die eerste wedstryd skop 13:30 af.
Die A-spanne sal teen 16:00 opdraf en te oordeel aan die eerste wedstryde teen Riversdal Blues kan die ondersteuners uitsien na 'n lekker opwindende middag.
Die klub doen 'n beroep op hulle lojale ondersteuners om op te ruk na die Melkhoutfontein sportgronde om Blue Birds met hulle kenmerkende gasvryheid te ontvang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’