Gallery Video
GOURITSMOND NUUS EN VIDEO - Die uitbetaling van SASSA-toelaes op Gouritsmond vandag (Maandag 30 Maart) het onder die wakende oog van lede van Albertinia-polisie, in samewerking met die Langeberg K9 honde-eenheid plaasgevind.
Teen 10:30 het ongeveer 50 mense die uitbetalingspunt op die perseel van 'n plaaslike handelaar besoek.
Volgens die polisielede, wat handreinigers aan die wagtendes uitgedeel, het alles vlot verloop.
Nog foto's: SASSA uitbetalings op Gouritsmond
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Gouritsmond, Hessequa nuus'