Update
HEIDELBERG NUUS - Die soektog na Jacobus ‘Buttons’ Hartnick is afgelas nadat hy Dinsdag na ’n uitgebreide soektog gevind is.
Volgens konst. Keeno Fredericks, plaaslike mediabeampte, is hy op die plaas, Vergenoeg, net buite Witsand, deur ao. Blackie Swart, Vispolhoof, en kapt. Mervyn Zana, waarnemende stasiekommissaris, gevind.
Fredericks het nog verder bevestig dat Hartnick, ongedeerd was, maar bietjie geestelik onstabiel voorgekom het.
“Dit wil voorkom dat hy (Hartnick) heelnag rondgedwaal en geen oog toegemaak het nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’