Jansen is Saterdag, 7 Junie vanuit die AGS Melkhoutfontein begrawe. Hy is Sondag, 1 Junie noodlottig beseer nadat hy deur sewe jong mans aangerand is. Dié sewe, almal plaaslike inwoners, is tans borg afwagtend op 'n klag van moord.
'n Sterk boodskap om as 'n eenheid op te staan teen bende verwante aktiwiteite is uitgespreek tydens die diens. Daar is beklemtoon dat dit net deur gebed gedoen kan word. Past Tarentaal het gemaan dat daar nie goddeloos geleef moet word nie. "Sekere goed is in die wêreld wat die vyand daar gesit het om mense buite beheer van hulself te sit. Kry jouself uit daardie wêreld uit sodat jy nie beheer word nie, maar in beheer is". Tarentaal het ten slotte beklemtoon, "Die gemeenskap lê in die mag van sonde en moet opstaan in gebed".
Pastore André Pietersen en Elsabé Lewis, beide verwant aan van die verdagtes in die moord het hul smart uitgespreek oor die gebeure rondom Jansen se wrede dood, maar ook vergifnis gevra namens die families vir die leed aan die naasbestaandes aangedoen. Klem is veral daarop gelê dat vigilante optrede en bende aktiwiteite voor die voet aangespreek moet word.
In 'n kort huldeblyk het Jansen se neef, Johannes de Vos meer vertel oor hom. "Ampie was 'n visser- en ambagsman (messelaar) en baie hardwerkend. Die kinders wil graag hul vader groet met die volgende boodskap: 'Ons as kinders wil vir u dankie sê, pappie. Dankie vir dit wat ons by u kon leer, vir die opvoeding, ondersteuning en sorg. Mag u in vrede rus waar u is, ons is lief vir jou en sal jou verskriklik mis". De Vos het afgesluit deur te noem hoe belangrik familie is, asook om die regte keuses in die lewe te maak.
Jansen laat sy vrou Louise, vier kinders, Amor (19), Ruan (15), Lee-Wayd (13) en Britney (10), 'n bejaarde moeder, 'n broer en twee susters agter.
* Inwoners beoog 'n optog Vrydag, 6 Junie waartydens 'n memorandum aan die landdros oorhandig sal word. Dié inwoners is van mening dat die verdagtes se borgaansoeke geweier moet word.
FOTOGALERY
*IN SHORT
In a touching ceremony the family, friends and community of Melkhoufontein buried murdered Ampie Jansen (38) Saturday, 7 June in Melkhoutfontein. Members of four of the suspects in the case asked the Jansen family for forgiveness for the heartache and manner in which their husband, father, son and brother was taken away from them. Pastor Tarentaal from the AGS Church in Melkhoutfontein had a strong message for the congregation that it is time the community stands up in prayer against gangsterism and drugs.
Louise Jansen (links) en wyle Jansen se moeder, Louisa Lakay na afloop van die kerkdiens.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'