Update
SWELLENDAM NUUS - Die saak teen die twee mans wat van statutêre verkragting en verkragting van twee minderjarige seuns aangekla is, is weer uitgestel.
Die twee is beide 42 jaar oud.
Een is ’n bekende opvoeder by ’n plaaslike skool, terwyl die ander na bewering ook aktief in sportkringe, veral netbal, betrokke is.
Hulle het Dinsdag 25 Maart vlugtig in die Swellendam-landdroshof verskyn waarna die saak weer uitgestel is.
Die twee is op 17 Oktober verlede jaar op borgtog van R1 000 elk, vrygelaat.
Die beweerde voorval het glo op 4 of 5 Oktober 2025 plaasgevind.
Streng borgtogvoorwaardes is steeds geldig, waaronder geen kontak - hetsy direk of indirek - met minderjarige kinders onder 18 jaar nie.
Hulle mag ook geen kontak met die slagoffers of hul families hê nie.
Die saak is tot Maandag 11 Mei uitgestel.
Vorige berigte:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’