SWELLENDAM NUUS - Die saak teen die twee mans (beide 42 jaar oud), wat op aanklag van statutêre verkragting en verkragting van twee minderjarige seuns teregstaan, is Dinsdag 17 Februarie na ’n vlugtige verskyning in die plaaslike landdroshof uitgestel.
Die een is ’n opvoeder by ’n plaaslike skool, terwyl die ander na bewering ook aktief in sportkringe, veral netbal, betrokke is.
Beide is 17 Oktober verlede jaar op borgtog van R1 000 elk, vrygelaat.
Die beweerde voorval het glo op 4 of 5 Oktober 2025 plaasgevind.
Die streng borgtogvoorwaardes is nog steeds geldig.
Hulle mag geen kontak hê - hetsy direk of indirek - met kinders onder 18 jaar nie.
Hulle mag ook geen kontak met die slagoffers of hul families hê nie.
Die saak is tot Woensdag 25 Maart vir ’n streekhofdatum uitgestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’