SWELLENDAM NUUS - Die saak teen twee mans wat aangekla is van statutêre verkragting en die verkragting van twee minderjarige seuns, is weereens uitgestel.
Die twee, beide 42 jaar oud - waarvan die een ’n bekende opvoeder by ’n plaaslike skool is, terwyl die ander na bewering ook aktief in sportkringe, veral netbal, betrokke is - het Dinsdag (20 Januarie) vir ’n vlugtige verskyning in die Swellendam-landdroshof verskyn.
Die saak is daarna vir verdere ondersoek uitgestel.
Die twee beskuldigdes is op 17 Oktober verlede jaar op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.
Die beweerde voorval het glo op 4 of 5 Oktober 2025 plaasgevind.
Die streng borgtogvoorwaardes bly van krag, waaronder dat hulle geen kontak – hetsy direk of indirek – met minderjarige kinders onder die ouderdom van 18 jaar mag hê nie.
Vir die eerste beskuldigde, wat ’n opvoeder is en waar een van die slagoffers ’n leerder aan sy skool is, is hierdie bepaling spesifiek beklemtoon.
Hulle mag ook geen kontak met die slagoffers of hul families hê nie.
Die saak is tot Dinsdag, 17 Februarie 2026, vir verdere ondersoek uitgestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’