Update
HEIDELBERG NUUS - Die vier mans, almal burgers van Zimbabwe, het weer Dinsdag 25 Julie vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn vir aansoek om regsverteenwoordiging.
Die aanklag teen die vier vermeende rowers, onderskeidelik 24, 27, 32 en 38, is besigheidsroof. Die saak is tot Maandag 7 Augustus vir borgtogaansoek uitgestel.
Drie van die mans bly in Mfuleni en een in Gugulethu.
Hulle word ook verbind met 'n soortgelyke klag wat glo vroeër dieselfde dag, op Woensdag 12 Julie, in Railton, Swellendam, plaasgevind het.
Hulle is later dieselfde dag op die N2 tussen Riversdal en Albertinia gearresteer nadat hulle 'n huiswinkel in Heidelberg beroof het.
Hulle bly in aanhouding op Buffeljagsrivier.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’