HEIDELBERG NUUS - Flinke optrede deur 'n paraat polisieman van Heidelberg het grootliks bygedra tot die arrestasie van vier gewapende rowers Woensdagaand, 12 Julie.
Die plaaslike polisie is teen ongeveer 17:45 ingelig van 'n gewapende roof by 'n huiswinkel in Joe Slovo Park waartydens 'n onbekende bedrag geld gebuit is.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, polisiewoordvoerder, het konst. Keeno Fredericks met sy aankoms op die toneel al die ander polisiestasies van die rooftog verwittig en is daar padblokkades op die N2 opgestel.
Die vier rowers is tussen Riversdal en Albertinia vasgetrek en op die toneel gearresteer en daar is ook op ’n groot bedrag kontant beslag gelê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’