RIVERSDAL NUUS - Die gemeenskap, en veral sportlui, is geskok oor die heengaan van Matlan-Jo Fielies (26), kranige rugbyspeler en kaptein van Riversdal Blues-rugbyklub se eerste span.
Fielies is na ‘n besering in ‘n wedstryd teen Progress-rugbyklub beseer. Hy is aanvanklik in Riversdal-hospitaal opgeneem, maar later na George-hospitaal oorgeplaas.
Hy is Saterdag 13 April breindood verklaar en die lewensondersteunende toerusting is Sondag afgeskakel.
Sy organe is vir orgaanoorplanting geskenk en sodoende het hy selfs na sy dood iets vir sy naaste beteken.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'