STILBAAI NUUS - Die 20 spanne wat aan die eerste sosiale liga rolbaltoernooi van 2025 deelneem is vol vertroue dat hulle die toernooi kan wen.
Met die derde stel wedstryde wat Donderdag 27 Februarie gespeel word sal dit hopelik begin duidelik word watter van hierdie spanne nog net deelneem vir die pret en watter rol vir die kroon.
Die Buffels is soos gewoonlik vuurwarm, maar hulle kan nie te gerus wees nie, want daar is 'n hele paar spanne wat hulle jaag.
Stilbaai Rolbalklub is voortdurend op soek na nuwe bloed en hopelik sal daar na hierdie toernooi 'n hele paar spelers besluit om hulle rolbal na 'n volgende vlak te neem en aan te sluit by die klub.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’