STILBAAI NUUS - Navorsing het getoon dat die Roland Rudd-voëlskuiling in Stilbaai 50% van sy voëlbevolking verloor het oor die afgelope 20 jaar.
Dit is grootliks te wyte aan die oewer en eiland wat toegegroei het en die groter voëls verkies sand en grond om op te beweeg.
Hessequa-munisipaliteit het ingestem om te help ontbos en die omgewingsbeheer afdeling het vier amptenare met twee bootjies gestuur om die taak te verrig.
Nou is dit duimvashou dat die voëls sal terugkeer om die voëlskuiling tot sy reg te laat kom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’