Gallery
STILBAAI NUUS - Deelnemers van Riversdal het Saterdag 30 Maart die eerste, tweede én derde plek tydens die maandelikse Kasselshoop Farm Runs ingeneem.
Die byeenkoms is die derde in ’n reeds van 11 Kasselshoop Farm Runs vir vanjaar op dié plaas buite Stilbaai.
André Jakobus van Riversdal was dié keer eerste by die einde, hoewel hy en Hendrik Prins, ook van Riversdal en selfs Jakobus se Lee-Roy (7) mekaar tot by die einde gejaag het.
Prins was tweede, twee sekondes agter Jakobus, wie se wentyd 31 minute en 08 sekondes was met Lee-Roy net sewe sekondes agter Prins, terwyl Prins se seun, Keagan (11) nie veel verder agter was nie.
Die eerste twee dames, ma Adrie en haar dogter, Andrie Swart, ook van Riversdal het saam-saam geëindig en het die top 10 afgerond.
Die volgende Kasselshoop Farm Run/Stap vind op 20 April plaas.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'