Video
RIVERSDAL NUUS - Inwoners van Riversdal is gistermiddag aangenaam verras toe die bekende Dassie weer sy verskyning in sy tuisdorp gemaak het.
Gaste by Enya’s Restaurant is vermaak met goeie musiek, smaaklike kos en gesellige kuiergeleenthede, kort nadat die onderneming onlangs sy lisensie ontvang het om alkoholiese drank te bedien.
Die restaurant was stampvol, wat ’n lewendige atmosfeer geskep het vir gesinne, vriende en besoekers.
Ouers het die geleentheid gehad om te ontspan en by te kuier, terwyl kinders hulself in die speelarea kon vermaak.
Dit het gesorg vir ’n ontspanne, gesinsvriendelike ervaring waar almal iets kon geniet.
Dassie het reeds groot planne vir die toekoms, en sal binnekort in ’n eksklusiewe onderhoud met Suid-Kaap Forum sy toekomsplanne met lesers deel.
Video: Ben Snyman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’