STILBAAI NUUS - Hessequa-munisipaliteit is vanoggend, 5 Januarie, kort voor 08:00 in kennis gestel van riool wat in die see by die wesstrand op Stilbaai loop.
Volgens Harold Basson, direkteur tegniese dienste het hulle onmiddelik opgetree. Vier tenkers is besig om die riool op te suig en niks loop meer in die see nie.
Die tenkers moes van die omliggende dorpe verkry word. Die terein is reeds netjies en skoon.
“Sulke dinge gebeur met meganiese en elektroniese toerusting, maar ons het dadelik opgetree om alles onder beheer te kry. Een pomp het gebreek en sal vervang word.”
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'