HESSEQUA NUUS - Die Wes-Kaap minister van menslike nedersettings, Tertuis Simmers het Saterdag, 24 April 'n ontbytfunksie in Stilbaai-gemeenskapsaal saam met ander gaste bygewoon.
Die hoofdoel van die besoek was om veral die belangrikheid om met die komende verkiesing te stem, te beklemtoon.
Verskeie DA-suksesse is ook gedeel.
Die ontbyt is deur Hessequa Demokratiese Alliansie-kiesafdeling aangebied.
Verskeie sprekers, wat insluit DA Hessequa-kiesafdeling voorsitter, speaker Andrew Stroebel; DA Oosstreek-ondervoorsitter, uitvoerende burgemeester Grant Riddles; Swellendam se burgemeester, Nicolas Myburgh; Overberg-distrik se burgemeester, Sakkie Franken en natuurlik ook Simmers, wat ook die DA Hessequa-kiesafdelingshoof en Oosstreek-voorsitter is.
Die geleentheid was binne alle Covid-19-regulasies bygewoon.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'