RIVERSDAL NUUS - Gwilym Deon Lewis-Michaels, is as Hessequa-munisipaliteit se nuwe direkteur van gemeenskapsdienste aangestel.
Sy aanstelling is eenparig deur die Hessequa-raad goedgekeur.
Lewis-Michaels het in Augustus 2016 by die munisipaliteit as bestuurder van regs- en administratiewe dienste aangesluit. Hy was voorheen 'n senior administratiewe klerk by die landdroskantoor in Vredenburg, hof- en kantoorbestuurder by die landdroskantoor in Riversdal en kandidaatprokureur by Melt Kloppers & Eloff Ingelyf.
Hy beskik oor ’n LLB-graad (2012) en is ’n toegelate prokureur van die hooggeregshof van Suid-Afrika. Hy is ook ’n geregistreerde bemiddelaar. Hy het ’n nagraadse diploma in openbare verantwoordbaarheid cum laude verwerf. Hy is tans besig met sy meestersgraad in regte (LLM) met 'n spesifieke fokus op "Public Procurement and Regulation.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’