HESSEQUA NUUS - Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud is, 50kg of meer weeg, ‘n algemene goeie gesondheid handhaaf en 'n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan bloed skenk.
Riversdallers is volgende aan die beurt op Donderdag, 3 Maart vanaf 14:00 - 18:45 in die burgersentrum.
Vir meer inligting, kontak die Wes-Kaap Bloedskenkdiens (021 507 6319/507 6320/507 6329).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'