RIVERSDAL NUUS - Die Ratem Eisteddfod wat van 26 tot 29 Augustus op die dorp plaasvind beloof om 'n fees van kuns op te lewer.
Die musiekafdeling sal in die burgersentrum plaasvind.
Klaviersolo's en -duette, fluit, strykinstrumente, ensembles, klawerbord, kore en revues sal deur Tertia Visser-Downie beoordeel word.
Zelda Stewart sal die drama-afdeling in Laerskool Volschenk beoordeel en gehore kan luister na poësie, monoloë, dialoë, eenbedrywe en koorspraak.
Daar is ook 'n afdeling vir visuele kunste, waar die beoordelaar Marilise Lombard sal wees.
Hierdie is nie net 'n kunskompetisie vir 'n paar kunssinniges nie, dis 'n fees vir Riversdal en sy mense.
Programme is beskikbaar by Nieu Script.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'