ALBERTINIA NUUS - Albertinia Rangers se A-, B- en C-spanne het hulle Saterdag, 5 Maart teen die gedugte Barbarians van Mosselbaai vasgeloop.
Die tuisspan het die drieë soos krale ingeryg en Rangers moes keer vir al wat hulle werd is.
Keanon Tarentaal, losskakel van die A-span is die enigste speler wat punte kon aanteken, en wel met 'n skepdoel.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'