STILBAAI NUUS - Stilbaai se eie Passiespele vind Vrydag 15 en Saterdag 16 April om 19:00, asook Sondag 17 April om 15:00 in die plaaslike gemeenskapsaal plaas.
Om ‘n produksie van goeie kwaliteit op die planke te bring, soos vir die dekor, druk van kaartjies en programme is geld nodig en borge word dringend gesoek.
Marietjie Strydom (082 416 8171) kan gekontak word vir meer inligting, asook die bankbesonderhede. Kaartjies is beskikbaar by die NG Kerkkantoor, Tabeel en die Stilbaai Inligtingskantoor teen slegs R10.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'