STILBAAI NUUS - SSK-lid Nico Prinsloo van die Stilbaai-distrik is onlangs met sy Kalahari Rooi ram as die senior- en grootkampioen by hierdie jaar se Suid-Afrikaanse Boerboktelersvereniging se wêreldskou, aangewys.
Die skou word elke tweede jaar in Bloemfontein aangebied.
Een kenmerk van vanjaar se byeenkoms tydens Bloemfontein-skou is sterk mededinging onder deelnemers, veral in die afwesigheid van prominente telers wat as beoordelaars opgetree het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’