HEIDELBERG NUUS - Nagenoeg 50 entoesiastiese ondersteuners van Jonay Skietekat het Saterdagoggend, 7 Maart, aan 'n drie kilometer lange pretloop van Vleidam tot by Slangrivier deelgeneem.
Skietekat (19), 'n boorling van Slangrivier, is 'n semi-finalis in die nasionale Miss Teen Excellency SA-skoonheidskompetisie.
Die pretloop is gereël om die aspirantmodel te ondersteun met haar reiskoste na die spoggeleentheid. Inwoners word ook aangemoedig om vir Skietekat te stem.
Alhoewel die opkoms van die inwoners, veral uit Slangrivier, ietwat teleurstellend was, het die leerders van Slangrivier Primêr en De Waalville Primêr die pretloop terdeë geniet.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’