STILBAAI NUUSFLITS - ‘n Plaaslike inwoner en afgetrede kolonel van die inspektoraat, Pieter Lategan het Maandag 29 Januarie die kusdorp se universiteit van die derde era (U3A) en ander belangstellendes ‘n kykie op sy werksaamhede in die bedreigde spesies beskermingseenheid gegee.
Dié eenheid is in 1989 op die been gebring met die doel om die smokkel van bedreigde spesies en die produkte daarvan, soos ivoor en renosterhoring te stop nadat lande in die 1980’s Suid-Afrika daarvan beskuldig het dat hulle niks aan die ivoorsmokkelary doen nie.
Hy het foto’s gewys en vertel van ivoor en renosterhoring wat hulle gekonfiskeer het, asook van hul klandestien-operasies, hul betrokkenheid en suksesse by teen-stropery.
Die U3A bied maandeliks ‘n praatjie aan en almal is welkom.
Besoek hul webtuiste www.u3astilbaai.org vir meer inligting.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'