ALBERTINIA NUUS - Selma Prins, biblioteekassistent van Albertinia-biblioteek, se Mandeladag-projek was om iets vir iemand te doen om dié dag, spesiaal te maak.
Daarom het sy besluit om potte van hoop, nie-bederfbare produkte, in te samel en aan mense op straat uit te deel.
Sophia van Zyl het 'n heerlike pot hoendersop met broodjies geskenk wat tydens die verrigtinge uitgedeel is. Selma sê sy is dankbaar vir al die donateurs wat 'n bydrae gelewer het, naamlik Alba Supermark en Godfrey Prins.
"Sonder dié donateurs sou ek nie dié projek kon uitvoer nie.
"Vir my gaan dit daaroor om iemand se maag bietjie voller te kry en iets vir die gemeenskap te kan gee, al is dit net 'n bietjie hoop."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’