RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike polisie het op Saterdag 7 Junie na die gemeenskap uitgereik deur gratis sop uit te deel.
Volgens Elise Hendricks staan dit as die Lantern-projek bekend. Hul doelstelling is om die publiek van die rol van reserviste, in samewerking met die polisie, bewus te maak.
Die projek word goedgunstiglik deur individue ondersteun wat die bestanddele vir die sop skenk. Tydens Suid-Kaap Forum se besoek voor 'n kafee in Langstraat, was daar drie potte sop met 'n inhoudsmaat van 30 liter.
Die warm sop is deur oud en jonk geniet. Die reserviste beplan om op 9 Augustus Vrouedag saam met die gemeenskap van Vermaaklikheid te vier.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'