RIVERSDAL NUUS - Voornemende feesgangers is besig om hul kamptoerusting af te stof, maar terselfdertyd is booswigte besig om hul swendel en ander kriminele voornemens tot aksie uit te voer.
Komunikasiebeampte vir die Riversdal-polisie, konstabel Venia Daries het 'n dringende beroep op die gemeenskap gedoen om op die uitkyk te wees vir kriminele elemente wat in Riversdal en omgewing bedrywig is.
Daries het gevra dat mense pro-aktief moet optree om misdaad te voorkom en bekamp.
Van die misdrywe wat besig is om hoër syfers te toon, is diefstal uit motor, aanranding en internet-bedrog.
• Lees meer aanlyn en in Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'