RIVERSDAL NUUS - Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) waarsku inwoners om nie hul deure vir vreemdelinge oop te maak nie.
Dit blyk dat hierdie ‘rondlopers’ veral oor naweke kamma vir kos bedel en vra of daar nie vir hulle werk is nie. Die motief is blykbaar dat hulle ondersoek instel om te sien wie daar woon en waar ingebreek kan word.
Beth Paine, voorsitter van die GPF het gesê: “Daar was reeds twee mans in Bell- en Van den Bergstrate opgemerk wat by huise omgegaan het.
"Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om op hul hoede te wees. Indien inwoners sulke elemente raaksien, moet hulle die polisie skakel om daar te patrolleer.”
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'