RIVERSDAL NUUS - Vrywilligers in Riversdal, wat die polisie wil bystaan om die dorp en omgewing teen misdaad te help beskerm, kan nou aansoek doen om as buurtwaglede geregistreer te word.
Die polisie het 'n dringende beroep op inwoners gedoen om hulle by te staan in hul stryd om misdaad te bekamp en die één manier om dit te doen is om diens te doen as buurtwaglede.
Lt.kol. Delicia Isaacs, stasiebevelvoerder, sê die polisie kan onmoontlik oral hul oë en ore oophou en dis juis hier waar buurtwaglede 'n groot rol kan speel.
"Nie net help buurtwaglede om misdadigers af te skrik nie, maar hulle help ook om hul woonbuurte veiliger plekke te maak."
Ongelukkig kan die polisie nie buurtwaglede vergoed nie. Dis 'n vrywillige diens.
Belangstellendes kan sers. Garnet Damans by die plaaslike polisiestasie besoek of kontak hom by 072 607 9283.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’