Lekhwaba Seloho (37) is deur lede van die B-skof op die N2 afgetrek en gearresteer nadat hulle 'n wenk van die publiek ontvang het. Daar is vier pakke dagga in die bakkie wat hy bestuur het, gevind.
Seloho het as konstruksiewerker op 'n plaas op Spiegelsrivier gewerk. Hy was op pad terug werk toe vanaf Kaapstad toe hy gearresteer is. Volgens die polisie word 'n klag van besit van dagga ondersoek. Teen druktyd was dit nie bekend of die beskuldigde reeds in die hof verskyn het nie.
Volgens die waarnemende stasiebevelvoerder, EV le Roux, gaan hulle streng teen dié soort euwel optree aangesien dit 'n uiters negatiewe invloed op die gemeenskap het. Hy doen ook 'n beroep op alle inwoners om hul deure gesluit te hou en die polisie in kennis te stel indien hulle uitstedig gaan wees.

Die lede van die B-skof het op die dagga beslag gelê. Van links staan konst John Jansen, konst Salomé Erasmus, reservis-konst Nathalee Joubert, konst Marthinus Geldenhuys, konst Peter Rossouw, sers Whitey Solomon (skofbevelvoerder) en konst Ivan Goliath.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'