HEIDELBERG NUUS - Die polisie in Heidelberg, onder leiding van hul media- en sosialebeampte, sers. Imorgene Hendricks, het as deel van hul misdaadvoorkomingsprogram 'n bewusmakingsaksie in Diepkloof van stapel gestuur.
Ander rolspelers was die SAPD-vrouenetwerk, die GPF-jeugtak, die Heidelberg e-Sentrum, Gateway Radio en Marique Adams van Kairos Senior Sekondêr.
Die program het by die e-Sentrum met 'n straatimbizo afgeskop en geëindig met 'n pretloop as deel van hul Jeugmaand-bewusmakingsprogram.
Verskeie aspekte waaraan baie kleuters, kinders en jeugdiges blootgestel word, soos huishoudelike geweld, geslagsgebaseerde geweld, dwelm- en drankmisbruik is met hulle bespreek.
Hendricks sê hulle sal op 'n gereelde basis dié soort bewusmakingsprogramme aan al die jeug by die verskeie skole en instansies in hul area aanbied.
Van links: Felicia Pieters, Heidelberg E-Sentrum bestuurder; sers. Imorgene Hendricks, plaaslike media- en sosialebeampte; Ronel Lewis, SAPD-vrouenetwerk; Marique Adams en Jame-Lee Hartnick, beide assistent-opvoeders by Kairos Senior Sekondêr.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’