HEIDELBERG NUUS - Met die toename in misdaad in die Heidelberg-distrik, veral die geweld teen vroue en kinders, asook dwelmhandel is die plaaslike polisie vasberade om strenger op te tree teen persone wat hulle skuldig maak aan hierdie euwel.
Volgens konst. Keeno Fredericks, plaaslike mediabeampte, gaan daar streng opgetree word teenoor oortreders wat hulle skuldig maak aan aanranding, beide gewoon en met die doel om ernstig te beseer, gesinsgeweld, seksuele aanranding, asook die van onwettige drank- en dwelmhandel.
Hy het ook genoem dat hulle streng teenoor veral jeugdiges gaan optree wat met gevaarlike wapens in die strate ronddrentel.
Verder het Fredericks benadruk dat hulle gereeld operasies in Heidelberg en Slangrivier, asook op die naburige plase gaan uitvoer.
Hy het ook verder benadruk dat inwoners alle verdagte optredes in die verskeie dorpe moet aanmeld.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’