RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike polisie, onder leiding van hul stasiebevelvoerder, lt. kol. Delicia Isaacs, het vandag (Donderdag 19 Oktober) 'n straatimbizo in Kwanokuthula, die Riversdal-sakekern en in die Aloeridge- woonbuurt gehou.
Die doel van dié imbizo was om die gemeenskap bewus te maak oor belangrike kwessies soos gesinsgeweld en dwelmmisbruik en misdade soos bedrog en rooftogte te belig.
Inwoners is ook bedag gemaak daarop om kragstowe af te skakel voordat hulle gaan slaap om moontlike brande te verhoed.
Lt.kol. Isaacs is vergesel deur die sektorbestuurders, ao. Hans Busch en ao.
Phillip Thiart, asook die kommunikasiebeampte sers. Christiaan Jansen en verskeie lede van die Jeugafdeling.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’