Breaking News Update
STILBAAI NUUS - Vier verdagtes het vandag in die hof op Stilbaai verskyn op aanklagte van onder andere die moord van Heila Kilian wat verlede jaar 16 April tydens 'n rooftog doodgeskiet is.
Sy het by haar suster, Brenda Thomas, op Stilbaai gekuier om na 'n voetoperasie te herstel.
Die familie was besig om buite te braai toe hulle deur gemaskerde mans oorval was. Heila was raak geskiet. Kilian is raakgeskiet en is op die toneel dood.
Die vier verdagtes is op verskillende plekke in die Wes-Kaap gearresteur. Volgens Kaptein Johan van Tonder, Stilbaai-polisie stasiebevelvoerder, volg die arrestasies na onverpoosde ondersoekwerk deur die ondersoek beampte, Sersant Kleinbooi, van die provinsiale taakspan in Kaapstad.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, en aanlyn.
Lees vorige artikels hier:
- Opvolg: Plaasaanval op Blombos
- Geen rede vir paniek, sê Polisie
- Opvolg: Vrou sterf in Plaasaanval
- Plaasaanval: Gerugte van arrestasies onwaar
- Opvolg: Vrou sterf tydens plaasaanval
- Plaasaanval buite Stilbaai: 1 dood
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'