SUID-KAAP NUUS - Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans het op Vrydag 28 Julie by Artscape 35 matrikulante van verskillende skole in die Wes-Kaap byeengebring.
Ivor Price, tans bestuurder van sake-innovasie en spesiale projekte by Media24, het as fasiliteerder vir groepbesprekings opgetree.
Temas oor onder andere diversiteit, leierskap, gemeenskapsbetrokkenheid en die toekoms van Suid-Afrika is bespreek.
Die verrigtinge is deur die huidige mej. SA, Demi-Leigh Nel-Peters afgesluit, wat die leerders toegespreek het en met 'n optrede deur Afrikaanse kletsrymer Hemelbesem.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'