Gallery
STILBAAI NUUSFLITS - Die eerste van ‘n beplande 10 drafbyeenkomste het Saterdag 24 Februarie by Kasselshoop net buite dié dorp plaasgevind.
39 Stappers en drawwers tussen die ouderdomme van ses en 70 het die 6 km-roete op die plaas aangepak.
Die wenner, Henk Wichers het die afstand in 29 min 41 s kafgedraf met sy vrou, Liane wat die eerste vroulike deelnemer by die einde was. Hulle is besoekers van die Strand.
Pieter Gildenhuys van Heidelberg was tweede algeheel met Emile Streicher, ‘n jarelange vriend van die plaaseienaar, Kassie Kasselman was derde in die mansafdeling.
Die volgende Kasselshoop Farm Run/walk vind op 31 Maart plaas. Inligting is beskikbaar op www.mystilbaai.co.za.
SanMari gesels met die jong entoesiaste: San-Mari Cronje het nog ‘n tydjie ingeruim om met die jong toeskouers te gesels.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO'S: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'