STILBAAI NUUS - Pikkewouter Kleuterskool het Vrydagaand 26 April 'n lekker lanternloop gehou wat by Hulle by die See begin en gestop het.
Stringe pragtige liggies en lanterns het in 'n lang ry al langs die Goukourivier gekronkel en die opgewonde laggies van kinders kon oral gehoor word.
Dit was deel van die fondsinsameling wat Saterdag verder gevoer is met die potjiekos kompetisie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’