STILBAAI NUUS - Voorbereidings vir Stilbaai se eie Passiespele wat vir 12 en 13 April beplan word is reeds voluit aan die gang.
Omdat die Stilbaai Passiespele as ’n gemeenskapsprojek aangebied word is deelname van almal in Stilbaai, Melkhoutfontein en Jongensfontein vir die organiseerders van groot belang.
Die gemeenskapsprojek gaan danksy die deelname en finansiële ondersteuning van die provinsiale regering in Stilbaai-gemeenskapsaal aangebied word.
Oefeninge is elke Dinsdag en Donderdag vanaf 18:00 tot 20:00 in die saal van Palinggat Oord. Die organiseerders vra steeds: “Kom word deel van die spele. Ons het jou nodig.”
Vir meer inligting skakel Elsie Lategan by 083 320 8380.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'