RIVERSDAL NUUS - Panorama Primêr se leerders het die derde kwartaal behoorlik uitgeblink in skaak, sport en akademie.
WOW-spelfees
Janique Lingeveldt gr.1-leerder van Panorama, het gewys dat gr. 1 nie net kan klank nie, maar baie goed kan spel ook.
Sy het vierde plek behaal tydens die provinsiale uitdunne en gaan Saterdag 7 Oktober die provinsie in Stellenbosch verteenwoordig.
Janique Lingeveldt het vierde plek behaal tydens die provinsiale WOW-spelfeesuitdunne.
Skaak
Kai Prins, gr. 1-leerder van Panorama is gekies om 6 en 9 Oktober deel te neem aan die SASCC (South African Schools Chess Championships), wat in Bloemfontein sal plaasvind.
Volgens die skoolhoof, Lynn Camphor, is dié skool besonders trots op Kai wat nie net Panorama Primêr gaan verteenwoordig nie, maar ook die hele Wes-Kaap.
Landloop
Tien atlete is opgeneem in die Eden-landloopspan, in hul onderskeie ouderdomsgroepe wat in Augustus in George plaasgevind het:
- o. 13/14 seuns en dogters: Melaneshia Lehman (eerste), Corly-Ann Pietersen, Pee-Jay Adams (tweede) en Ivaanhoe Michaels.
- o. 11/12 Seuns en dogters: Ashlynn Prins (tweede) en Eldino Williams.
- o. 9/10 Seuns en dogters: Jayden Tromp (derde), Ashley-Kay Hendricks, Elmasha Jakobs en Janique Claasen.
Hierdie leerders het ook deelgeneem in September in George aan die Wes-Kaapse kampioenskappe waar Melaneshia Lehman (13 jaar) opgeneem is in die Wes-Kaapse span. Jayden Tromp (9), het tweede plek behaal in sy wedloop. Ongelukkig stop die kompetisie vir hom as gevolg van sy ouderdom.
Melaneshia Lehman is in die Wes-Kaapse landloopspan opgeneem.
Jayden Tromp het tweede plek in sy wedloop behaal.
Die 10 atlete wat opgeneem is in die Eden-landloop-span. Agter, van links: Corly-Ann Pietersen, Eldino Williams, Pee-Jay Adams, Ivaanhoe Michaels en Melaneshia Lehman. Voor: Elmasha Jakobs, Ashlynn Prins, Jayden Tromp, Janique Claasen en Ashley-Kay Hendricks.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’