HEIDELBERG NUUS - Willem le Grange van Mosselbaai is vir die derde agtereenvolgende jaar as kampioenkweker by die Heidelberg Pampoenfees gekroon.
Die jaar het sy pampoen die skaal op 903 kg laat kreun, net 1,5 kg ligter as verlede jaar se bielie van 'n kampioen.
Pieter Conradie, wat verlede jaar lelikste pampoen gekweek het, was tweede met sy knewel van 806 kg, terwyl Jaco Visser derde was met sy pampoen van 610 kg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’