STILBAAI NUUS - Paideia se leiers vir 2025 is Donderdagaand 28 November tydens hulle konsert en prysuitdeling aangekondig.
Leoné Loots, Tasmine Loots en Diego Bowey sal die verantwoordelikheid om die leerders te lei op hulle skouers dra.
Volgens die hoof van die sentrum, Alichea Botha, is daar nie 'n hoofleier nie en die drie sal dus die verantwoordelikheid saam dra.
Leoné Loots het tydens dieselfde geleentheid die Paideia-trofee vir uitnemendheid ontvang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’